Bill Clinton

Bill Clinton
Bill Clinton
42ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 199320 Januarie 2001
Voorganger George H.W. Bush
Opvolger George W. Bush
Geboortedatum 19 Augustus 1946
Geboorteplek Hope, Arkansas
Sterftedatum
Sterfteplek
Eerste Dame Hillary Clinton
Politieke party Demokraat
Visepresident Al Gore
Handtekening

William Jefferson (Bill) Clinton (gebore William Jefferson Blythe III, 19 Augustus 1946)[1] het van 1993 tot 2001 as die 42ste President van die Verenigde State van Amerika gedien.[2] Hy was die derde jongste president, slegs Theodore Roosevelt en John F. Kennedy was jonger as hy toe hulle president geword het.

Harry Schwarz van Suid-Afrika besoek Bill Clinton in 1993

Clinton het aan die einde van die Koue Oorlog president geword. Omdat hy in die tydperk na die Tweede Wêreldoorlog gebore is, was hy die eerste Baby Boomer-president van Amerika.[3] Hy was vir die grootste deel van sy termyn gewild, hoofsaaklik omdat die Amerikaanse ekonomie toe sterk was. Sy reputasie het egter skade gely toe hy in 1998 ’n "onbehoorlike" verhouding met Monica Lewinsky, in 1995 ’n assistent in die Withuis, erken het.

Sy vrou, Hillary Rodham Clinton, was op 'n tyd die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake. Sy was ook op 'n tyd 'n senator van New York en 'n presidentskandidaat vir die Demokratiese Party in die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2008.

  1. "Biography of William J. Clinton" (in Engels). The White House. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2009. Besoek op 29 Oktober 2008.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. Sandalow, Marc (14 Januarie 2001). "Clinton Era Marked by Scandal, Prosperity: 1st Baby Boomer in White House Changed Notions of Presidency" (in Engels). San Francisco Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2012. Besoek op 29 Oktober 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search